Sale!

Slangsaad Volume 1 – Lees Aanlyn

Original price was: R95.00.Current price is: R90.00.

Hierdie stuk handel onder andere met die profetiese woord wat sê dat dit in die laaste dae weer sal wees soos in die dae van Noag en Lot – dat die mense lustig sal voortgaan met hul sondes en hul aan geen vermaning van God sal steur nie. Ons weet nie hoe lank hierdie tydperk van die laaste dae gaan wees nie, maar moet let op die tekens van die tye soos die Bybel dit vir ons gee.

Out of stock

Description

Slangsaad Vol I

Deur JM Buchling

Alleen-verspreider: Leef Jou Geloof
Kopiereg: JM Buchling
Opsie: Lees Aanlyn (Op Webtuiste)
Aantal Bladsye: N.v.t.
Skrif: N.v.t.

VOORWOORD

2 Tim 4:3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede.

Geagte leser

Hierdie boek is glad nie daarop ingestel om iemand se gehoor te streel en/of lesers of van enige lering te oortuig nie.  Feite word weergegee soos wat dit is, met die oog daarop om dinge te openbaar wat vir gelowiges verborge gehou word deur die Duiwel en sy wêreldse sisteem.

Efs_6:13 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.

AGTERGROND

Wat aanvanklik ’n leerstuk van ongeveer vyftig bladsye was, en nooit bedoel was om as boek uitgegee te word nie, het mettertyd gegroei, en boekvorm en grootte aangeneem. Daar was later ‘n paar honderd bladsye wat primêr gefokus het op die reuse en hulle oorsprong soos gemeld in die Bybel.

Die boek het egter  so vergroot in omvang dit later in drie volumes verdeel is. Volume II handel oor die fisiese of vleeslike nalatenskap van die reuse, met ander woorde hulle kinders en nageslagte; en Volume III fokus op die godsdienstige nalatenskap van die reuse vanaf Genesis tot en met Openbaring.

  • Volume I is getiteld: Slangsaad! Die Reuse En Hulle Oorsprong
  • Volume ІІ is getiteld: Slangsaad! Die Reuse En Hulle “Kinders”
  • Volume ІІІ is getiteld: Slangsaad! Die Godsdienstige Nalatenskap Van Die Reuse (Baäl)

SLANGSAAD I – INDEKSOPGAWE

Hoofstuk  1  – Die Reuse
Hoofstuk  2  – God se Voorsiening vir Verlossing
Hoofstuk  3  – Soos in die Hemel, so op die Aarde
Hoofstuk  4  – Die Reuse se Oorsprong
Hoofstuk  5  – Die Seuns van God
Hoofstuk  6  – Honderd en Twintig Jaar
Hoofstuk  7  – Die Straf van die Seuns van God (Engele), die Mens, Dier en Verbasterde Spesies
Hoofstuk  8  – Jou Saad en Haar Saad
Hoofstuk  9  – Die Karakter van Mense en Engele
Hoofstuk 10 – Die Reuse en ander Beskrywingsvorme of Sinonieme
Hoofstuk 11 – Beeldspraak of Feit
Hoofstuk 12 – Die Vloed en ook Daarna
Hoofstuk 13 – Afmetings en Mates
Hoofstuk 14 – Vyf Klippies
Hoofstuk 15 – Die Berg Hermon
Hoofstuk 16 – Baäl-Hermon
Hoofstuk 17 – Verskillende Reuse Stamme in die Ou Testament
Hoofstuk 18 – Baӓlaanbidding
Hoofstuk 19 – Afgode van die Reuse
Hoofstuk 20 – Demone en Demoniese Swangerskappe

BOEK BESKRYWING

Hierdie aanlyn weergawe van Slangsaad Vol 1 mag slegs hier op Leef Jou Geloof se webtuiste gelees word. Hierdie weergawe is nie aflaaibaar nie, maar kan aanlyn met ‘n rekenaar of selfoon gelees word. Ingevolge die kopiereg op hierdie boek, mag nie u gebruikersnaam en wagwoord met ander gebruikers deel nie, en mag u ook nie enige gedeelte na ‘n rekenaar of ander elektroniese toestel kopieer nie.

Die gedrukte weergawe van hierdie boek beslaan 340 bladsye, terwyl die aanlyn weergawe slegs in hoofstukke verdeel word.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.