Description
Slangsaad Vol I
Deur JM Buchling
| Alleen-verspreider: | Leef Jou Geloof |
| Kopiereg: | JM Buchling |
| Opsie: | Sagteband A4 Boek (Swart/Wit) |
| Aantal Bladsye: | 340 |
| Skrif: | 12 pt |
VOORWOORD
2 Tim 4:3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede.
Geagte leser
Hierdie boek is glad nie daarop ingestel om iemand se gehoor te streel en/of lesers of van enige lering te oortuig nie. Feite word weergegee soos wat dit is, met die oog daarop om dinge te openbaar wat vir gelowiges verborge gehou word deur die Duiwel en sy wêreldse sisteem.
Efs_6:13 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
AGTERGROND
Wat aanvanklik ’n leerstuk van ongeveer vyftig bladsye was, en nooit bedoel was om as boek uitgegee te word nie, het mettertyd gegroei, en boekvorm en grootte aangeneem. Daar was later ‘n paar honderd bladsye wat primêr gefokus het op die reuse en hulle oorsprong soos gemeld in die Bybel.
Die boek het egter so vergroot in omvang dit later in drie volumes verdeel is. Volume II handel oor die fisiese of vleeslike nalatenskap van die reuse, met ander woorde hulle kinders en nageslagte; en Volume III fokus op die godsdienstige nalatenskap van die reuse vanaf Genesis tot en met Openbaring.
- Volume I is getiteld: Slangsaad! Die Reuse En Hulle Oorsprong
- Volume ІІ is getiteld: Slangsaad! Die Reuse En Hulle “Kinders”
- Volume ІІІ is getiteld: Slangsaad! Die Godsdienstige Nalatenskap Van Die Reuse (Baäl)
SLANGSAAD I – INDEKSOPGAWE
Hoofstuk 1 – Die Reuse
Hoofstuk 2 – God se Voorsiening vir Verlossing
Hoofstuk 3 – Soos in die Hemel, so op die Aarde
Hoofstuk 4 – Die Reuse se Oorsprong
Hoofstuk 5 – Die Seuns van God
Hoofstuk 6 – Honderd en Twintig Jaar
Hoofstuk 7 – Die Straf van die Seuns van God (Engele), die Mens, Dier en Verbasterde Spesies
Hoofstuk 8 – Jou Saad en Haar Saad
Hoofstuk 9 – Die Karakter van Mense en Engele
Hoofstuk 10 – Die Reuse en ander Beskrywingsvorme of Sinonieme
Hoofstuk 11 – Beeldspraak of Feit
Hoofstuk 12 – Die Vloed en ook Daarna
Hoofstuk 13 – Afmetings en Mates
Hoofstuk 14 – Vyf Klippies
Hoofstuk 15 – Die Berg Hermon
Hoofstuk 16 – Baäl-Hermon
Hoofstuk 17 – Verskillende Reuse Stamme in die Ou Testament
Hoofstuk 18 – Baӓlaanbidding
Hoofstuk 19 – Afgode van die Reuse
Hoofstuk 20 – Demone en Demoniese Swangerskappe
BOEK BESKRYWING
Hierdie swart en wit (geen kleur) gedrukte weergawe van Slangsaad Vol I word na u versend of kan by Leef Jou Geloof afgehaal word. Die verskepingskoste moet by die boek se prys gelaai word, andersins is dit u verantwoordelikheid om die boek self te kom afhaal of ‘n koerierdiens aan te stel om die boek te kom afhaal.
Hierdie gedrukte swart en wit weergawe beslaan 340 x A4 bladsye, en bied perspektief op sekere historiese gebeure en die wêreld, wat in die moderne tyd deur die Duiwel en sy wêreldse sisteem verswyg word.



Reviews
There are no reviews yet.